Algemene Inligting en Reëlings
Naskool tye:
13:30 – 17:30 (Maandag tot Vrydag)
Uitteken van leerders:
-
Vir ons kinders se veiligheid moet hul elke middag uitgeteken word.
-
Leerders mag hulself nie uitteken nie.
-
Al kry u ‘n kind by ‘n aktiwiteit, moet leerders asseblief nogsteeds uitgeteken word by die naskool.
-
‘n ‘Oortyd’ Boete van R50 vir elke 30 minute is na 17:30 is betaalbaar.
-
Slegs persone wat deur ouers aangewys is mag kinders afhaal en uitteken. Wanneer ouers per Whatsapp (kontak ons) laat weet dat ‘n kind deur ‘n ander persoon gehaal word, word dit op die uittekenregister aangedui.
-
Kinders wat by naskool ingeskryf is, word elke dag by die naskool verwag. Laat weet asb per WhatsApp (kontak ons) indien u kind nie die dag gaan bywoon.
-
Ons kontroleer en staan by wanneer dit kom by buitemuurse aktiwiteite.
Medikasie:
Indien jou kind medikasie moet neem bv. vir allergieë, moet dit in ‘n plastiese sakkie, duidelik gemerk met jou kind se naam en graad, sowel as dosis, by die Naskool Hoof ingehandig word.
Kontaknommers:
Onthou asseblief om u kontaknommer plus addisionele telefoonnommer voor in u kind se huiswerkboekie te skryf.
Selfone:
Gebruik van selfone deur leerders word beperk tot slegs telefoonoproepe en net buite huiswerktyd. Ongelukkig word leerders nie toegelaat om speletjies daarop speel nie.