![](https://static.wixstatic.com/media/982797_fc728f8c22fc4373b3ef6f4415c37078~mv2.png/v1/fill/w_1920,h_1920,al_c,q_95,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/982797_fc728f8c22fc4373b3ef6f4415c37078~mv2.png)
![](https://static.wixstatic.com/media/982797_d112401f92004abfa47be03e7849192f~mv2.jpg/v1/fill/w_980,h_276,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/982797_d112401f92004abfa47be03e7849192f~mv2.jpg)
Welkom by ons naskool
'n Ware tuiste vir elke kind sedert 2013 | Ondersteuning van jou kind se akademiese, opvoedkundige en ontwikkelingsbehoeftes | Hoë geestelike norme en waardes
​
MEER OOR ONS...
​
Blinkoog Monnies Naskooltuiste is ‘n naskoolsorgdiens geleë op die terrein van Laerskool Monumentpark. Vanaf 2013 bied ons ‘n ware tuiste vir elke kind wat by ons aansluit.
Ons dienste sluit in die ondersteuning van kinders se akademiese, opvoedkundige en ontwikkelingsvereistes. Ons doen dit in Afrikaans en met die bewaring en uitbreiding van hoë geestelike norme en waardes. Ons personeel se doelwit is om ‘n veilige en gelukkige omgewing vir elke kind te skep, terwyl hulle ouers hul dagtake verrig. Ons prioriteit is die voltooiing van die kinders se huiswerk. Kinders kan sonder moeite deelneem aan kultuur, sport en ander aktiwiteite wat op die skoolterrein aangebied word.
Heerlike gebalanseerde middagetes word op ‘n daaglikse basis in ons ruim toegeruste eetsaal voorsien. Kinders wat hul eie eetgoed bring, kan dit saam in die ander in die eetsaal geniet.
Ons naskool beskik ook oor ‘n goed toegeruste siekekamer waar kinders met liefde na omgesien word.
​
Ons naskool word bestuur deur Blinkoog Monnies NPC - ‘n nie-winsgewende maatskappy wat beheer word deur ‘n Raad van Direkteure wat bestaan uit ouers van Laerskool Monumentpark.